Woensdag 01 Junie 2016

VERHOUDINGS EN BIPOLêR.






Om te sê of nie te sê nie...

Wanneer moet mens vir die persoon saam met wie jy op 'n date gaan sê jy is Bipolêr? Toets mens eers die water? Laat jy eers die persoon die ware JY ken voordat jy die nuus breek?

Meeste persone wil so vinnig as wat hulle kan spore maak wanneer hulle hoor iemand het 'n gemoedsver-steuring. Dit is ongelooflik hartseer aangesien dit nie vir my veel anders as enige ander chroniese siekte is nie.

Die persone wat wel verstaan is daar om te bly in jou lewe. Hulle is die mense wat jou gewoonlik sal ondersteun deur dik en dun.  Maar wanneer iemand besluit hulle kan nie cope met jou siekte nie moet mens dit wel respekteer. Moenie dit persoonlik opvat indien iemand besluit hulle sien nie kans vir jou of 'n verhouding met jou nie. Dit is 'n ongelooflike groot verantwoordelikheid om met so 'n persoon die res van jou lewe te deel. Ek weet want my eggenoot is al 23 jaar met my getroud. Soms is dit baie erger vir die persoon wat saam met jou moet lewe as die persoon wat bipolêr self het.

Wees dankbaar wanneer iemand vroeg in 'n verhouding eerlik is met jou as later wanneer jy baie seerder gaan kry.

Dit is dalk ook 'n goeie idee om vir die persoon te vra hoe baie hy/sy weet van bipolêr. Dit kan 'n goeie idee wees om webtuistes aantebeveel wat persone wat meer wil weet kan lees.

Weet net dat jy liefde in jou lewe verdien net soos elke ander mens op hierdie planeet.

Groete


Angelique


1 opmerking:

  1. Hoekom dink mense altyd as jy sê jy het Bipolêre gemoeds versteuring dat jy mal is en dan die bosse in hardloop? Ek is al te bang om vir mense dit te sê want hulle koppel dit met iemand wat in 'n strait jacket moet wees.Maar mens kan tog 'n normale verhouding hê as jy dit net reg hanteer of so dink ek maar

    AntwoordVee uit