Maandag 30 Mei 2016

MEDITEREENSE DIEET IS BLYKBAAR GOED VIR FIBRO LYERS


Ek lees vanmore dat volgens kenners is 'n Meditereense dieet baie goed vir persone wat aan kroniese pyn ly soos bv Fibro. Die Meditereense dieet plaas klem op die eet van plant gebasseerde voedsel soos vrugte en groente, neute, peule en grane. Dit vervang ook botter en margarien met gesonde vette soos Olyfolie of Canola olie. Die gebruik van kruie en speserye word ook eerder gebruik om voedsel te geur ipv soute. Rooivleis word ook beperk tot 'n paar maal per maand.

GROENTE OM TE EET : Spinasie, uie, wortels, komkommer, brokkoli, blomkool, mielies, bone, erte, patats, pampoen, radyse, olywe. Vermy : Tamaties, rissies, pepers, kopkool, mushrooms, brinjals.

VRUGTE OM TE EET : Appels, piesangs, pere, lemoene, druiwe, perskes. spanspek.

NEUTE EN SADE

LEGUMES : Bone, erte, lensies, kekerertjies.

HEEL GRANE : Hawer, bruin rys, mielies, bruin pasta, koring.

SUIWEL : (Indien jy nie suiwel uit jou dieet sny nie) Gematigde hoeveelhede kaas, melk, jogurt.

PROTEINE : Eiers (gematig) hoender en baie vis.

Lekker eet.

Fibro groete


Angelique

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking