Hello julle.
Die U shape body pillow is 'n kussing wat regtig help om pyn te verminder deur die manier waarop jy met hom/op/teen dit lê. Dit is oorspronklik gemaak vir dames wat swanger is.
Ek was eers redelik skepties en het gewonder of ek my geld gaan mors op so 'n kussing. Ek moet sê ek slaap baie beter met die kussing. Soos ons almal weet is 'n goeie nagrus een van die beste maniere om pyn te verminder wanneer jy Fibro het.
Al nadeel is... Ek kry baie vinnig warm in die somer. Dus gebruik ek dit nie so baie in die somer soos in die winter nie. Dit is dalk ook iets wat julle met Fibro kan oorweeg om te kry of vir julle te maak.
Ek deel maar alles wat ek tot op datum probeer om my pyn te verminder.
Ek deel met julle hoe ek 'n minder as 'n jaar gelede gevoel het. Ek kan met eerlikheid sê deur dit wat ek probeer ek regtig baie beter voel. Ek lewe in geen illusie dat ek my pyn ooit ten volle sal kan laat weggaan nie. Ek weet wel nou dat ek dit kan probeer beheer en elke bietjie wat minder pyn is 'n oorwinning.
Gedagtes uit 2015 se Dagboek :
Vandag is weer een van daardie dae. Eers loop ek net effens soos 'n pikkewyn in slow motion (ons almal weet hoe funny hulle lyk) dan begin dit voel of een of ander swart pes my spiere en beendere betrek en sommer die vleis uit my vel ruk en pluk. Ek gaan neem 'n warm stort. Manlief smeer my van kop tot tone met salf wat my baie soos iets uit 'n museum laat ruik ( HEHE) ja ek lag maar want eks al... moeg gehuil. Teen die tyd lê ek maar op die bed, met 'n gladde duvet onder my sodat ek makliker kan omdraai. (so 'n beweging tussen slip en slide) finally kom ek tot ruste en ek hoef nie meer te maak of als reg is nie. Hoef nie met 'n masker op my gesig te sit en smile nie. Hier op my bed kan ek sê dis my eiland waar ek probeer rus vind en rustig raak. Fibromyalgie is 'n nare siekte. Enige persoon wat sukkel met dit of arthritis of rumatiek of iets ergers het al my simpatie. Ek sleep my self na die beste van my vermoë deur dagtake tuis en het vrede gemaak dat ek nie in my huidige gesondheidstoestand sal kan werk nie. Nou ja, na al my geskribbel en gebabbel wil ek net sê ek het nog nie moed opgegee nie want elke dag wat ek wakker word gee Jesus nog 'n stukkie hemel op aarde vir my saam met die mense wat ek liefhet
Sterkte vir vandag.
Fibro groete
Angelique
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking