Saterdag 30 Julie 2016

 
APPEL EN PEER BLATJANG
 
6 Appels in blokkies (hoef nie te skil nie)
6 Pere in blokkies (hoef nie te skil nie)
3 uie geskil en in kwarte gesny
1 koppie Rosyne
1 teelepel fyn vars knoffel
1 teelepel fyn vars gemmer
'n 1/4 koppie wit asyn
1  1/2  koppie water
sout en peper na smaak
 
Metode :
Meng al die bestanddele saam. Kook tot sag.
Wanneer sag verpulp met 'n stick blender.
Indien dit te loperig na jou smaak is kan jy Maizena byvoeg en dit verdik.
Bottel warm in skoon flesse.
 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking