Sondag 03 Julie 2016

 
 
 
Elke Fibromyalgie geval is uniek !
 
 

Daar sal pyn wees selfs na behandeling en jou lewenstyl wat jy verander. WANT... dit is 'n kroniese pyn en 'n kroniese siekte. Dit kan beheer word maar nooit genees nie. En die nare golwe van pyn sal jou tref wanneer jy dit die minste verwag.

Fibromyalgie is defnitief nie 'n siekte wat mooi speel nie. Dit beroof jou van jou drome en planne en goed wat ander mense as vanself sprekend aanvaar.

Fibro is verskillende vir elke persoon. Jy kan dalk voel of jou voete in warm kole is soos dit brand en dan moet jy yspakke op dit pak. Terwyl 'n volgende persoon se voete weer yskoud is en hulle dik sokkies moet aantrek.

Dit is 'n siekte wat mens ongelooflik bang maak om mee gediagnoseer te word. Die helfte van die mediese professie glo nie daaraan nie of weet nie wat dit veroorsaak nie of weet nie hoe om dit genees nie. Die ergste is om nie te weet hoe om jou eie liggaam te beheer nie.

Om Firbo te he is soos om op 'n roller coaster te ry. Een dag is jy beter volgende dag is jy slegter.
Die emosies wat daarmee saam loop en die skuldgevoelens wat jou oorweldig is net party dae een te veel.

Fibro groete

Angelique

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking