Sondag 26 Junie 2016

WONDERLIKE SALF

Ek het hierdie raad gekry vir salf wat mens self kan aanmaak vir seer spiere. EN DIT WERK !!!

Die dame gee gimnastiek onderrig waarby ek die resep gekry het. Haar gimnaste smeer dit aan seer
spiere en hande.

Onthou net dit is 'n boereraad en nie medies getoets nie.!

      Image result for zambuk body cream            Image result for vaseline                                        Image result for rich milking cream madaji


Neem gelyke hoeveelhede :

Zam-buksalf
Vaseline
Rich milking cream

Meng alles goed deurmekaar. Bere in 'n houer. Dit hoef nie in die yskas geberg te word nie.

Al 3 die items is by Dischem beskikbaar.

Die salf kan ek selfs aan my kakebeen smeer wanneer dit so vreeslik pyn sonder dat my oë begin traan. Ek smeer sommer my hele lyf van kop tot tone.

Ek het reeds die resep aan verskeie mense gegee en hulle sê dit bring werklik verligting.

Probeer dit gerus julle kan niks verloor nie.


Fibro groete

Angelique

Vrydag 24 Junie 2016

RUMATOIEDE ARTRITIS - NOG 'N KRONIESE PYN SIEKTE

Mens kan amper sê dis die nare suster van Fibromyalgie want meestal loop die twee hand aan hand.


Ek het op hierdie inligting afgekom op die internet en dink dit is belangrik genoeg om te deel met julle.

Rumatoiede artritis (RA) is 'n kroniese, sistemiese siekte wat gekenmerk word deur herhaaldelike inflamasie van die gewrigte. Die outoimuunsisteem val normale weefsel aan asof dit vreemde invallers is. Dit affekteer meestal die hande en voete, maar kan ook die organe soos die lewer en hart aanval.

Die siekte gaan deur vier stadiums:
1. Inflamasie van die gewrigte met vorming van vloeistof om die gewrigte.
2. Vorming van granulasie in die gewrig by die kraakbeen, en neem die gewrig basies oor.
3. Harde fibrositiese weefsel neem nou die gewrigspasie oor en dit veroorsaak minder beweeglikheid 
van die gewrigte en trek die vingers of tone skeef en het sodoende misvorming tot gevolg.
4. Die fibrositiese weefsel kalsifiseer (verhard tot been) en veroorsaak totale onbeweeglikheid.

Tekens en simptome:
Algemene simptome soos moegheid, verlies van eetlus, gewigsverlies en styfheid kan die eerste simptome wees. Daarna raak die styfheid meer gelokaliseerd.
Daarna kom voor:Pyn
Styfheid
Beperkte beweging
Tekens van inflamasie: hitte, swelling, teerheid

Alternatiewe behandeling vir pyn met artritis: 1. Warm en koue kompresse
2. Week hande in louwarm water met 2 teelepels Epsom sout
3. Laat 'n geswelde gewrig wat ontsteek is rus. Sodra dit egter beter is, oefen daagliks vir 20 minute.
Doen veral spierversterkingsoefeninge. Dit sal die spiere om die gewrig soepel hou en die vervaardiging van smeermiddel aanmoedig.
4. Eet gesond. Eet olierige vis soos sardiens en ook sade en neute, veral vlassaad. Volgraan bevat
vetsure wat inflamasie teenwerk. Pynappel bevat bromelien, wat ook inflamasie teenwerk.
Bromelien kan ook in tabletvorm gekry word.

 

Sondag 19 Junie 2016

FRIENDS THROUGH THICK AND THROUGH THIN



MOST PEOPLE YOU CAN'T TELL WHY YOU ACT THE WAY YOU DO...

I have lost many friends and acquaintances due to bipolar. I have only one best friend that really understands what its all about. I thank the Lord everyday that I have her in my life.

 I know to have a journey with a bipolar person is never easy. The possibility that there will be turmoil means that you have to take the good with the bad. The ups with the downs.

Be willing to stand up and fight by their side, even when YOU cant do it for them. The way of caring for a bipolar best friend is one of unconditional love, but if you are a best friend perhaps you know this already.

Please be compassionate. Be understanding. Be forgiving. Cut some slack. Don't judge too quickly. Don't label. Don't abandon. If you don't understand what's happening with your friend, find someone who can help you understand. Don't let misunderstanding become something you regret for the rest of your life.

To all the Bipolar people out there... I hope things will turn out well for you. I hope you will find ways to manage your illness and live your life. I hope you have good support as well as professional help when you need it. I hope you find real, true and kind friends.

Be strong.

Angelique

Saterdag 18 Junie 2016

APPEL EN WORTEL BLATJANG VIR DIABETE


 
'n Heerlike iets anders blatjang.
 
BESTANDDELE :
 
2 Uie gekap
 
6 Appels in fyn blokkies gesny
5 Wortels gerasper
2 Eetlepels fyn knoffel
1 Lemoen se skil en sap
1 Koppie rosyne
1 Koppie korente
1 Koppie Asyn
2 Koppies water
5 Eetlepels versoeter
2 Eetlepels fyn komyn
1 Eetlepel kerriepoeier
Sout en peper na smaak
 
METODE :
 
Braai ui in klein bietjie olie, voeg al die bestanddele saam en kook vir 1 uur totdat water amper op is.
* Roer nou een eetlepel Maizena aangemaak met 2 koppies water by en prut vir stadig vir nog 15 minute. Skep in bottels en verseël.

Woensdag 08 Junie 2016

JOU GEBREEKTE STUKKE KAN WEER HEG

Wanneer jy aan Bipolêre gemoedsversteuring lei is mens so geneig om te dink dat jou lewe nooit ooit weer na normaal sal of kan terugkeer nie.

Met behulp van jou familie en vriende se ondersteuning. Hulp van psigiaters en sielkundiges en deur elke dag jou medikasie te gebruik, kan jou toestand beheer word.

Dit is nie 'n doodsvonnis wat jy die dag kry wanneer jy gediagnoseer word met Bipolêer 1 of 2 nie.

Daar is hoop. Bly glo.

Groete

Angelique


 

Dinsdag 07 Junie 2016

DIE NARE S, SEER, SIEK, STRES

Ek is vandag in sak en as. Ek voel of ek voete van lood het en of al my spiere en gewrigte uit mekaar getrek word.

Ek is siek, seer en gestres. My familie gaan op die stadium deur n geweldige traumatiese tyd. My skoonvader is in die hospital met kanker. Dit gaan gladnie goed nie. Ek huil so baie binne en buite. Huil en probeer sterk wees. Huil van binne sodat my man en kind en skoonouers nie moet sien hoe bitter hartseer ek is om my skoonpappie in so 'n toestand te sien nie.

En bo op dit alles sukkel ons steeds met my motor wat ook nie wil gesond word nie. Duisende rande later wil sy maar net nie werk nie. Die battery bly pap loop. Dit laat dink my aan my battery. Dit loop ook pap. Dit wil nie meer nie.  Die stres van die afgelope dae eis sy tol.

Ek wil sommer in 'n hoop sit en nooit weer opstaan nie, net daar sit agter my knieknoppe.

Stres laat jou siek en seer as jou Fibro het.

Dis is 'n n nare ding.

Sterkte vir elkeen van julle.

Fibro groete


Angelique

BROOD SONDER GIS, MELK OF EIERS


 
Manlief het gou vir ons 'n brood gebak vir aandete. Dis 'n maklike brood sonder 'n geknie. Dis ook sonder gis, eiers en melk. Dus 'n lekker broodjie vir die mense wat nie suiwel of eiers mag eet nie.
 
BESTANDDELE :
2 kop Selfraising meel
1 kop Nutty wheat meel
1/2 kop Semels
1 teelepel Koeksoda
Knippie sout
2 koppies water
 
METODE :
Meng al die bestanddele goed met 'n lepel.
Skep in voorbereide broodpannetjie. Bak vir 3/4 uur op 180 grade.
 
Lewer 1 brood.
 
Groete
 
Angelique

Donderdag 02 Junie 2016

BISCOTTI



        'n Heerlike maklike basiese resep. Sprinkel sesame saad oor indien verkies.
Jy kan ook rosyne, bessies of ander sade ingooi of selfs gemengde speserye.
 
Bestanddele
500 gram Koekmeel
75 ml versoeter
250 ml vars uitgedrukte lemoensap
250 ml Olie
1 tl Bakpoeier
 
 
Metode
Meng al die bestanddele saam tot 'n gladde deeg.
Vorm 2 lang rolle deeg op , goedgespuitde bakplaat.
Sny deeg nou in skywe maar nie dwarsdeur tot onder nie.
Bak 30 min op 160 grade in 'n voorverhitte oond.
Wanneer tyd verstreke is, haal uit oond en laat effens afkoel.
Sny nou die skywe dwarsdeur tot onder en pak op 'n laag tinfoelie op oondrak.
Droog uit op 100 grade tot goed droog.
 
Geniet !
 
Groete
 
Angelique
 
 

Woensdag 01 Junie 2016

VERHOUDINGS EN BIPOLêR.






Om te sê of nie te sê nie...

Wanneer moet mens vir die persoon saam met wie jy op 'n date gaan sê jy is Bipolêr? Toets mens eers die water? Laat jy eers die persoon die ware JY ken voordat jy die nuus breek?

Meeste persone wil so vinnig as wat hulle kan spore maak wanneer hulle hoor iemand het 'n gemoedsver-steuring. Dit is ongelooflik hartseer aangesien dit nie vir my veel anders as enige ander chroniese siekte is nie.

Die persone wat wel verstaan is daar om te bly in jou lewe. Hulle is die mense wat jou gewoonlik sal ondersteun deur dik en dun.  Maar wanneer iemand besluit hulle kan nie cope met jou siekte nie moet mens dit wel respekteer. Moenie dit persoonlik opvat indien iemand besluit hulle sien nie kans vir jou of 'n verhouding met jou nie. Dit is 'n ongelooflike groot verantwoordelikheid om met so 'n persoon die res van jou lewe te deel. Ek weet want my eggenoot is al 23 jaar met my getroud. Soms is dit baie erger vir die persoon wat saam met jou moet lewe as die persoon wat bipolêr self het.

Wees dankbaar wanneer iemand vroeg in 'n verhouding eerlik is met jou as later wanneer jy baie seerder gaan kry.

Dit is dalk ook 'n goeie idee om vir die persoon te vra hoe baie hy/sy weet van bipolêr. Dit kan 'n goeie idee wees om webtuistes aantebeveel wat persone wat meer wil weet kan lees.

Weet net dat jy liefde in jou lewe verdien net soos elke ander mens op hierdie planeet.

Groete


Angelique


MIELIEBROOD SONDER SUIWEL EN SUIKER




LEWER 1 BROOD
BAKTYD : 50 MINUTE

375 ml water
375 ml mieliemeel
60 ml suiwelvrye margarien
250 ml koekmeel
30 ml versoeter
15 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml tiemie
1 blik gedreineerde pitmielies
3 geklitsde eiers

METODE :

Voorverhit oond tot 180 grade en smeer 'n broodpannetjie.
Kook die water en gooi dit oor die mieliemeel. Voeg margarien by en roer goed. Laat afkoel.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout in aparte bak.
Voeg die tiemie en mielies by die afgekoelde mieliemeel. Voeg nou geklitsde eiers by en roer goed.
Roer die droë bestanddele by die mielie mengsel en giet mengsel in voorbereide broodpannetjie.
Bak 50 minute of tot toetspen skoon uitkom in middel van die brood. Laat koel heeltemal af voordat jy dit sny anders gaan dit breek.

Groete

Angelique