BISCOTTI
'n Heerlike maklike basiese resep. Sprinkel sesame saad oor indien verkies.
Jy kan ook rosyne, bessies of ander sade ingooi of selfs gemengde speserye.
Bestanddele
500 gram Koekmeel
75 ml versoeter
250 ml vars uitgedrukte lemoensap
250 ml Olie
1 tl Bakpoeier
Metode
Meng al die bestanddele saam tot 'n gladde deeg.
Vorm 2 lang rolle deeg op , goedgespuitde bakplaat.
Sny deeg nou in skywe maar nie dwarsdeur tot onder nie.
Bak 30 min op 160 grade in 'n voorverhitte oond.
Wanneer tyd verstreke is, haal uit oond en laat effens afkoel.
Sny nou die skywe dwarsdeur tot onder en pak op 'n laag tinfoelie op oondrak.
Droog uit op 100 grade tot goed droog.
Geniet !
Groete
Angelique
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking