DIE NARE S, SEER, SIEK, STRES
Ek is vandag in sak en as. Ek voel of ek voete van lood het en of al my spiere en gewrigte uit mekaar getrek word.
Ek is siek, seer en gestres. My familie gaan op die stadium deur n geweldige traumatiese tyd. My skoonvader is in die hospital met kanker. Dit gaan gladnie goed nie. Ek huil so baie binne en buite. Huil en probeer sterk wees. Huil van binne sodat my man en kind en skoonouers nie moet sien hoe bitter hartseer ek is om my skoonpappie in so 'n toestand te sien nie.
En bo op dit alles sukkel ons steeds met my motor wat ook nie wil gesond word nie. Duisende rande later wil sy maar net nie werk nie. Die battery bly pap loop. Dit laat dink my aan my battery. Dit loop ook pap. Dit wil nie meer nie. Die stres van die afgelope dae eis sy tol.
Ek wil sommer in 'n hoop sit en nooit weer opstaan nie, net daar sit agter my knieknoppe.
Stres laat jou siek en seer as jou Fibro het.
Dis is 'n n nare ding.
Sterkte vir elkeen van julle.
Fibro groete
Angelique
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking