Dinsdag 24 Mei 2016

BESKUIT MET SADE




Omrede ek nie suiker en suiwel eet nie het ek hierdie heerlike beskuit wat ek nou eet. Lenica het die resep vir my ontdek en Eduan meng en bak die beskuit vir my.

Dit is heerlik, voedsaam en jy hoef die beskuit nie eers lank in jou tee of koffie te doop nie.

BESTANDDELE:

3 koppies Bruismeel
2 koppies semels
1 koppie hawermout
1 koppie rosyne/korente/sultanas
1 koppie sugalite
1 koppie sesamesaad
1 koppie sonneblomsaad
125g margarine sonder suiwel
400 ml aangemaakte Cremora
2 eiers
2 eetlepels druiwe asyn
1 teelepel Koeksoda
Knippie sout

METODE :

Voorverhit oond op 180 grade. Spuit oondpan met kos sproei. Meng die bruismeel, semels, hawermout, sade, sout en sugalite. Vryf margarine in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Meng Cremora, eiers, asyn en koeksoda saam. Voeg die nat mengsel by die meelmengsel. Meng tot 'n sagte klewerige deeg. Skep in voorbereide pan en maak gelyk. Bak 40 minute tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Sny in blokke en droog oornag uit op 100 grade.

Hoop julle geniet dit.


Fibro groete

Angelique

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking