Donderdag 26 Mei 2016

LEKKER KRAAKBROOD RESEP



Bedek brood met olyfolie, parmaham, roketblare en growwesout as jy wil. Of doop dit in hummus waarvan ek die resep reeds gegee het. Dit is heerlik verby !!

Maak so 10 tot 12 klein plat broodjies.

BESTANDDELE :
10 ml Olyfolie
5 g Sout
90 ml Louwarm water
75 g Witbroodmeel
75 g Koekmeel
5 g Versoeter

METODE :
Voorverhit oond tot 180 grade
Meng Olyfolie, sout en louwarm water saam.
Meng res van bestanddele saam in ander bak en maak holte in middel.
Gooi bietjie bietjie van water mengsel by en meng met houtlepel tot 'n kniebare vorm. Knie goed.
Bedek met kleefplastiek en sit in yskas vir 30 minute.
Sny deeg in 30g stukkies.
Rol nou lekker dun uit en plaas op bakplaat wat gesmeer is met olyfolie.
Bak nou tot ligbruin en krakerig. (Daar is nie 'n spesifieke tyd nie)

Geniet.

Fibro groete

Angelique


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking