Vrydag 20 Mei 2016

Glimlag.


Hello julle almal daar buite,

Dit is Vrydag so dit moet goed gaan met julle. LOL

Hoop almal met Fibromyalgie wat vandag nie 'n goeie dag het nie, het mense wat omgee. Mense wat help. Mense wat 'n bemoedigende boodskappie vir jou stuur of sommer net 'n oor het om te luister wanneer ons sê ons het seer en is moeg.



Met my gaan dit nie te vrot nie, behalwe vir die Fibro wat weer nes skrop in my voete vandag. Dit brand mos nie onder my voete nie, maar bo-op. Voel soos kole wat op jou vel gegooi is. Ek het maar ingesmeer met salf en sokkies aangetrek.

Ek is gelukkig om 'n familie te hê wat verstaan en omgee. Wat regtig die moeite doen om die lewe vir my te vergemaklik.

Hier is my regter en my linkerhande waarsonder my lewe baie moeilik sou wees. Ek is so dankbaar vir hulle. Hulle maak elke dag soveel makliker.

                                                                                            
  
My man Eduan
 
 
My dogter Lenica
 
En dan is daar die vierpotige hondekind wat styf teen my kom lê as die trane loop op 'n slegte dag. Sy naam is Dusk.
 
 

EK HET VANDAG 'n GOEIE IDEE OM MET JULLE TE DEEL :

Ek het vir Moedersdag 'n elektroniese warmwatersak gekry om te help met die verligting van my pyn. Dit laai maar 15 min en bly vir tot 5 ure warm (onder 'n kombers) Dit werk vir my beter as die boontjiesak wat ek in die mikrogolf verhit het want dit bly baie langer warm. Dit is ook nie baie duur nie en mens kry dit by meeste winkels.  Hier is dit afgeneem sonder sy sagte slopie waarin hy kom.
 
 
Nou ja julle, ek is besig om marinade te maak om oor choppies te gooi vir môre se braai. Sal die resep vir julle plaas as dit lekker uitgekom het. Môre vertel ek julle ook watse kossoorte en goed ek uitskakel om baie minder pyn te hê.
 
LEKKER VROLIKE VRYDAG VIR ELKEEN VAN JULLE.
 
Fibro groete
 
ANGELIQUE
 
 
 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking