HUMMUS SONDER FIETERJASIES
Selfs kinders sal van hierdie Hummus hou. Dit word sonder Tahini gemaak. Plus dit is laag in kilojoules.
BESTANDDELE
1 Blik Kekerertjies (Chickpeas) met water in blikkie
1 Teelepel fyn knoffel
2 Eetlepels gemaalde Komyn
1Eetlepel Olyfolie
METODE
Voeg al die bestanddele bymekaar in die voedselverwerker behalwe water. Voeg kekerertjies se water geleidelik by tot regte dikte waarvan jy hou verkry word. Bêre in yskas en bedien met groente stukkies of as 'n smeer op brood.
Fibro groete
Angelique
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking