Donderdag 26 Mei 2016

VANMôRE IS EK 'n REBEL


Ek is vanmore sommer boos vir vervaardigers van kos produkte.

As gevolg van my lewenswyse waarvolgens ek nou probeer eet skakel ek  onder andere suiker uit my dieet.

Dit is nou waar die probleem lê!

Het julle al ooit werklik die bestanddele gelees wat op die etikette van produkte voorkom? Ons maak deesdae 'n punt daarvan om elke pakkie, sakkie, blikkie, botteltjie ens te lees voordat dit in die trollie gepak kan word.

Dit is skrikwekkend om te sien in wat alles suiker gegooi word. As jy ernstig is om suiker uit te sny is dit amper 'n onbegonne taak. I mean really... tot in iets souts soos Vissmeer is daar suiker.

Maar dit bly nie net by suiker nie, nou besluit jy om produkte te koop wat vir diabete is en o genade. In elkeen van daardie produkte kom Aspertame voor. Aspertame is nie goed vir jou nie. En in my geval ook nie goed vir Fibro nie, daarom probeer ek dit ook uitskakel.

Dink vervaardigers nie wat hulle doen nie? Hulle bombardeer ons so met SLEGTE goed vir ons liggame dat dit geen wonder is ons sit met siektes wat onverklaarbaar is nie.

En dan is daar nog 'n probleem mannetjie wat in die ry staan... MSG. Ja daardie ding wat produkte langer moet laat hou en beter moet laat proe. Ek lees nou die dag 'n baie bekende Franchise se slaaisous bestanddele en sowaar, daar staan dit MSG. Ek wou wors koop en hoendervlerkies in 'n marinade. Wraggies daars dit weer..; MSG. (Dit is nou buiten die suiker wat ook daarin voorkom.

Wees versigtig vir suikers wat weggesteek word:

Lae Vet en Dieet kosse bevat baie maal ekstra suiker om hulle smaak te help verbeter
Selfs Kits soppe en souse wat sout is bevat suiker.
Een blikkie gas koeldrank bevat gemiddeld 7 teelepels suiker.
Oppas vir sommige vrugte. Daar word deesdae vrugte gekweek om meer suiker te bevat sodat ons aptyt vir meer suiker geles word.

Kyk in produkte vir enige iets wat eindig met ÖSE (glukose, sukrose, fruktose, laktose, maltose) dit is almal 'n vorm van suiker. Self Molasse en Mielie en Rys stroop.


Die gevolg?

Ek bly maar op my Karoo plaas ver van winkels in my kop. Ons eet onverwerkte produkte. Bak ons eie goed, Maak ons eie slaaisousie as ons voel ons is lus daarvoor. Pas resepte aan en beproef dit. En kom agter dat die lewe sonder al hierdie "NASTY"elemente wat vervaardigers in ons kosse gooi, nie so sleg is nie.


Fibro Groete


Angelique

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking