Dinsdag 24 Mei 2016

STRES IS GIF


Hello almal,

Hoop dit gaan goed met julle. Skuus ek was so bietjie stil sedert Saterdag, maar ek het 'n paar stresvolle oomblikke gehad.

Eers word my dogter Lenica Saterdagaand opgeneem in die hospitaal. Sy is gelukkig nou by die huis na 'n paar dae se pynbehandeling.

My liewe motor het Donderdagaand gebreek by die winkelsentrum. Vandag vind ons uit die motor se rekenaar het opgepak. Ons skakel 'n klomp plekke en kom eenvoudig nie reg nie. Maar uiteindelik spoor ons iemand op wat die rekenaar kan herstel.

Asof dit nou nie genoeg was nie sit ons gedurende die tyd ook sonder krag agv mense wat krag steel in ons kompleks en dan ons krag laat uitskop. Die stadsraad neem hulle tyd om so iets te ondersoek en herstel.

Maar alles is amper weer terug na normaal. Ek het maar oë toegeknyp, bly bid, besluit ek gaan my kop optel en aanhou glo. As ek op daardie stadium my kop laat sak het, het ek sweerlik net daar bly lê en nooit weer opgekom. My lyf is nog steeds seer van die stres. Stres is nou maar eenvoudig net gif vir Fibro.


Ek hoop dat elkeen van julle 'n lekker aand sal hê en goed sal slaap.


Fibro groete


Angelique




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking