Fibromyalgie is nie 'n alles in jou kop siekte nie. DIT IS 'n WARE TOESTAND VAN CHRONIESE WYDVERSPRYDE PYN.
DIE TERM ""Fibromyalgia"word as volg verdeel, Fibro wat " Fibrous tissue"beteken. "Myo"wat spiere beteken en "Algos"wat pyn beteken.
Sommige mense ervaar pyn anders as ander mense. Dit beteken nie jy is 'n sissie nie. Dit beteken net dat daar iets in jou lewe gebeur het wat veroorsaak het dat jou pyn erger voelbaar is. Jy is moeg, lewensmoeg, dit voel soms of jy skoene van lood dra. Jy slaap sleg, kan probleme ondervind met jou blaas, dermsisteem en rustelose bene. Jy het dalk naalde en spelde gevoel in jou ledemate en is sensitief vir lig, klank en temperatuur. Nog 'n uitvloeisel van hierdie toestand is post traumatiese stres, ander tipes kroniese pyn, depressie en angstigheid.
Die kort en die lank is... Dit is nie 'n siektes toestand wat jy jou grootste vyand toewens nie.
Ek het die afgelope paar jaar reeds Fibromyalgie. Ek was op elke denkbare tipe medisyne sonder veel sukses,asook ander tipe behandeling. Dit gaan vir twee dae goed en dan weer sleg. Dit voel behoorlik of jy een trappie klim van 'n onmoontlike lang leer en dan drie trappies agteruit beweeg. Amper iets soos Snakes and Ladders. Hier sluk die slang jou ook in en spoeg jou myle ver ondertoe weer uit.
Eks seker dat die van julle wat Fibro (vir kort) het, kan assosieer met waarvan ek nou praat. Op dae soos vandag voel ek goed. Dan probeer ek soveel moontlik take afhandel voordat ek weer te sleg voel om dit te doen. Ongelukkig veroorsaak dit dat ek dan twee dae in die bed opeindig. O ja, ek het nie op die oomblik 'n werk nie, dit veroorsaak meer stres wat op sy beurt weer versoorsaak dat ek meer pyn het, wat veroorsaak dat ek nie uit die bed kan opkom, wat versoorsaak dat ek nie kan werk nie.
Kan julle die bose kringloop sien? Die witmuis op die wiel wat net om en om hardloop sonder enige begin en einde?
Ek het as laaste uitweg begin om 'n holistiese benadering tot my toestand te begin toepas. Ek sê nie dit gaan honderd persent werk nie. Ek sê nie dit gaan vir enige een van julle werk nie. Maar ek glo in my hart dat enige iets wat pyn kan verminder dit die moeite werd kan maak om sekere voedsel soorte uit my dieet te sny.
Ek nooi julle uit om deel te word van my reis na die onbekende. Om elke dag saam met my nuwe dinge te ontdek. Ek gaan ook nuwe resepte deel wat sekere kosse en middels uitsluit.
Hoop julle vind 'n resep of twee om te gebruik. Dalk 'n bietjie inspirasie as jou gemoed laag is. Of sommer net iets om oor te lag met 'n traan.
Fibro groete
Angelique
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking