Saterdag 21 Mei 2016

JY IS WAT JY EET !


Kosse en middels wat pyn kan vererger.

Soos reeds genoem het ek begin om alles wat sleg is vir my as Fibromyalgie lyer uit te skakel uit my dieet.

Ek was op moedverloor se vlakte reg om sommer van die naaste krans af te spring uit radeloosheid.
Net daar en dan het ek besluit ...Dis of doodgaan van pyn of ek verander nou my dieet.

Ek het reeds op daardie stadium redelik baie begin oplees oor goed wat gif is vir jou liggaam. MAAR ek moet klem daarop lê dat dit nog nie medies bewys is as 'n wonderkuur nie. Ek kan wel sê dat in die ongeveer 3 maande wat ek nou reg probeer eet vir my toestand ek wel baie baie minder pyn ervaar. Indien ek wel iets verkeerd sou eet trek my pyn my sommer plat vir 'n dag of twee. DUS... Ek glo dat die verskil so baie is dat ek met hierdie manier van eet gaan volhou.

Miskien kan julle dit probeer. Hou 'n Dagboek met watse kosse jou laat sleg voel of baie pyn veroorsaak wanneer jy dit eet. Jy het niks om te verloor nie.

Hier is die lys van kosse en middels wat taboe is en wat gif is:

 
1) KAFEIEN : Dit kom voor in gewone tee, groen tee, koffie, milo ens, sekere gaskoeldranke.
WAT KAN EK DRINK? Rooibostee en Rooibos Chai tee.

2) ASPERTAME : Kom voor in meeste versoeters en self kosse en koeldrank wat dieet kosse is.
WAT GEBRUIK EK? Slimsy aanmaak koeldrank, sodawater, Natreen versoeter en Hulets Equisweet versoeter.

3) MSG :  Kom voor om smaak te verbeter. Oppas... Dit kom selfs in sommige wors voor.

4) NIGHTSHADE GROENTE : Geen Tamaties in enige vorm (Vars, sous, geblik, gedroog, puree)
Aartappels,Peppers (Groen, rooi, geel, oranje. Geen paprika.) Dit sluit nie gewone wit of swartpeper in nie.Chillies (Gedroog of vars) Kopkool / Rooikool (Jy mag wel Brokkoli en Blomkool eet) Eiervrug
  
5) GIS :  Alle gebak wat gis bevat. (Ek kan wel Rogbrood eet sonder gis en Ryskoekies, ek bak nou my eie Gesondheidsbrood, Beskuit, Biscotti, Skons, platbroodjies. ) Sampioene : Dit veroorsaak gis in jou liggaam so dit is ook uit! Bier en Wyn.

6) SUIWEL : Daar was met seker toetse al bevind dat suiwel die grootste duiwel van al die kosse is.
(Ek sny alle suiwel uit. My Dr sê dat op my ouderdom dit geen verskil aan my tande of bene sal maak nie. Gebruik Cremora of Ellis Brown tipe verromers om mee te bak ens. Olry Whipp is ook nie suiwel nie.

7) SUIKER : Dit kom voor in so te sê alles wat in 'n pakkie, bottel, blik, boksie is.
Vervaardigers voeg by alles suiker. Oppas !

8) ROOIVLEIS : Probeer minder rooivleis eet.

Indien jy dit wil probeer gee dit ten minste 1 maand kans.

Lees, lees en lees weer elke etiket van elke item wat jy inlaai in jou trollie. Verbeel jou eerder jy is op 'n Karooplaas ver van alle winkels. Op jou plaas het jy vars groente, vrugte, vleis en vis. Verder maak en bak jy self. Wees kreatief en moenie dink jy kan nou niks meer eet nie.


Fibro groete


Angelique


2 opmerkings:

  1. Hallo daar. Dankie vir wenke .. waardeer dit. Waar kry ek resepte vir brood wat ek dan mag eet? Groete

    AntwoordVee uit
  2. Sjoe dit is n "eye opener". Ek het gewonder wat ek mag en nie mag eet nie. Is daar n breë uiteengesette dieet beskikbaar asseblief...

    AntwoordVee uit