ONS IS DIE MASKERMENSE

ONS IS DIE MASKERMENSE VAN ONS TYD.
DIE LAG MET 'n TRAAN MENSE.
DIE GELUKKIGE UITERLIKE ...
MET DIE DOOIE SWART GAT IN ONS HART.
ONS IS DIE CLOWNS VAN DIE PARTYTJIE,
DIE RONDOMTALIE WARBOEL VAN EMOSIES.
ONS IS TUSSEN MENSE MAAR TOG BITTERLIK ALLEEN,
ONS IS MASKERMENSE IN ONS EIE MENSWEES VERSTEEN
"Dit lyk asof almal deesdae met bipolêr gediagnoseer word," meen party mense. "Bipolêr is die nuutste mode" of "net 'n verskoning vir slegte gedrag".
LET WEL : Bipolêre Gemoedsversteuring (BGV) is 'n ernstige geestesversteuring wat gekenmerk word deur uiterste bui-, energie- en funksionering-skommelings.
Ongeveer 1% van die bevolking word met Bipolêr 1, en tot 6% met bipolêre spektrum-versteuring gediagnoseer, waarvan Bipolêr II een is.
"Alle gemoedsafwykings word om die waarheid te sê onderdiagnoseer. Daar is verskeie redes vir die onderdiagnose. Pasiënt-faktore sluit in die vermyding van behandeling uit vrees vir stigma en onkunde. Wanneer hierdie dienste wél gebruik word, word simptome dikwels nie voldoende beskryf nie (pasiënte verwar 'siektesimptome' met opvattings soos 'ek is maar net so'). Navorsing het aangedui dat baie mense tot 10 jaar met die simptome van bipolêre afwyking saamleef voor hulle met BGV gediagnoseer word.
Baie bipolêre pasiënte sukkel om die diagnose te verwerk as gevolg van die stigma wat daaraan kleef. Deur te glo dat die toestand oordiagnoseer word, mag baie pasiënte skuldig of 'onverantwoordelik' voel en mag selfs behandeling verwerp. Hedendaagse behandelingsopsies vir BGV het baie verbeter, inligting is beskikbaar en daar bestaan ondersteuningsgroepe.
WAAR OM HULP TE KRY:
Kontak die Suid-Afrikaanse Depressie en Angstigheid Groep (SADAG) by 0800 21 22 23 of LifeLine: 011 728 1331/1347; 031 312 2323; 057 357 2746; 021 461 1111.
Ek is bly om te weet dat Bipolêre behandeling oor die jare verander het. Mens moet nie bang wees vir die hulp wat jy kan kry nie
AntwoordVee uit